Wie is ons?

Tania Fourie Promosies is ‘n musiek promosie-agentskap wat fokus op die ontdekking, ontwikkeling en bestuur van die beste skryf- en sangtalent wat Suid-Afrika het om te bied, asook die bestuur en reel van bekende gesigte in die vermaaklikheidsbedryf se vertonings.

Die omvang van TFP se werk strek van die identifisering en verdere ontwikkeling van opwindende nuwe komposisie- en sangtalent, tot bemarking en openbare skakelwerk, besprekings, die bestuur van optredes en die lewering van materiaal – soos enkelsnitte, albums en musiekvideos – aan vooraanstaande radio- en televisiestasies.

Ontmoet Ons Span!!!